“I Saw a Nightmare…”
Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, June 16, 1976
by Helena Pohlandt-McCormick
<< Go Back

Testimony before the Cillié Commission: Theunis Jacobus Swanepoel

Colonel, South African Police, Hillbrow (questioned once before) September 1976

T. J. Swanepoel's complete memorandum on events in Alexandra township was—for the dates June 18 to 21, 1976—compiled from police-incidents reports, not as an eyewitness account.

Relevant sections of the transcript have been translated by the author.


Advocate Jacobs:
… Nou vir die doeleindes van die Kommissie het u toe 'n volledige memorandum opgestel wat die gebeure in Alexandra dek vanaf 18 Junie tot op datum, maar die eerste paar dae vanaf 18 Juni tot 21 Junie het u slegs vasgestel vanaf die voorvalle-boek wat gehou was, 'n amptelike dokument. Korrek?

Col. Swanepoel:
Dit is so.

Jacobs:
Die verdere deel van u memorandum is dan u eie aantekeninge.

Swanepoel:
Dit is korrek… Vrydag 18 Junie 1976: Om ongeveer 08h00 was inligting ontvang dat skoolkinders saamdrom by die sekondêre laërskool te Alexandra. Ondersoek was ingestel en gevind dat skreeuende en jillende skoolkinders in bondels in die rigting van die besigheidsentrum beweeg het, waar hulle die kantoor van die Bantoe-Administrasie Inspektoraat onder klippe gesteek, voertuie omgekeer en aan die brand gesteek het. Die geboue was aan die brand gesteek. Van daar het hulle na die naby geleë biersaal beweeg en op pad daarheen Putco voertuie onder klippe gesteek. Hulle het die biersaal en perseel geplunder en aan die brand gesteek. Oral het groepe gevorm wat geboue onder klippe gesteek en aan die brand gesteek het. Die skare het steeds groter aangegroei en was aangevul deur volwassenes wat by die skoolkinders aangesluit het. Hulle het meer opstanding geraak. Daar was veral toegespits op Indier en Chinese winkels en besighede. 'n Groot groep het na Wynberg beweeg waar hulle 'n aantal Indiër winkels verwoes en aan die brand gesteek het… Om 15h30 het die Honde-eenheid onder majoor Meyer na die biersaal in Jan Strydomrylaan, Randburg gehaas om 'n beweerde samedromming van Bantoes the ondersoek. Hy het om 17h15 terug gerapporteer dat die klagte ongegrond was.

Cillié:
Kan ons net daar vir 'n oomblik stop. Het u gevind dat daar baie sulke vals berigte ingekom het of dat daar sulke vals berigte ingekom het?

Swanepoel:
Ja, my ondervinding is dat hoe hewiger die onluste is, hoe meer vals berigte word ontvang. Ek sou sê dat die vals berigte enigiets na 45% beloop. [I think Slabbert also refers to these false reports] …

Cillié:
Nou die kwessie van verbygaande verkeer onder klippe steek, het dit voorgekom in verband met Louis Bothaweg of die verlenging van Louis Bothaweg waar die verkeer van Pretoria langs Alexandra verby kom?

Swanepoel:
Dit is so. U sal ook later in die memorandum opmerk dat daar een besondere straat is wat omtrent 500 meters uid van Alexandra verbyloop waar Blanke motoriste veral herhaaldelik onder die klippe gesteek is en voertuie beskadig is en ook van die Blankes beseer was. Dit was eintlik 'n oorvloeisel van die onluste binne-in die lokasie en dan vloei dit na buite.

… Verdere klagtes van brandstigting op die hoek van 11de Laan en Vasco da Gama ontvang om 11h25 en 11h55. Albei klagtes was ondersoek en ongegrond gevind.

Cillié:
Hoe was die klagtes ontvang? Deur persone wat daar inkom om die klagte te lê of per telefoon of was dit op enige manier?

Swanepoel:
Die meeste in hierdie gevalle was per telefoon gerapporteer. Die gevalle waar persone kom rapporteer by die polisiestasie vind jy dat dit wel bona fide klagtes was…

… [Maandag 21 Junie 1976] Mnr. Denver van Duncan McGregor Construction het om 09h25 gerapporteer dat sy Bantoe arbeiders wat in die kampong op hoek van 19de Laan en Rooseveldstraat, Alexandra woon, deur tsotsis gedreig word indien hulle sou gaan werk. Luitenant Kruger en lede het aandag gegee en om 09h55 teruggekeer en gerapporteer dat die Bantoe arbeiders nie deur tsotsis gedreig was nie, maar dat hulle net bang is om 'n bus te haal. Hulle het vervoer verlang na hulle werk. Die werkgewer was aldus verwittig en hy het vervoer vir sy Bantoe arbeiders gestuur. Mnr. Raffanti van Davy Construction het om 09h30 gerapporteer dat sy Bantoe arbeiders gedreig word indien hulle sou gaan werk. Luitenant Liebenberg … gerapporteer dat die Bantoes nie gedreig was nie, maar dat hulle bang is om die bus te haal. Mnr. Raffanti was aldus verwittig. Hy het vervoer vir sy Bantoes gereël. Mev. Duly en mev. McPherson het om 11h35 aan Bramley Polisiestasie gerapporteer dat hulle bediendes gekla het dat hulle gedreig word en dat hulle huise aan die brand gesteek gaan word omdat hulle gaan werk het. Die huis adresse is 85, 15de Laan en 1, 4de Laan. Alle lede was beveel om op die uitkyk te wees. Die persele was nie aangeraak nie …

… daar het toe [21 Junie 1976] 'n stilte oor Alexandra toegesak en die eerste aanduidings van verdere onluste was toe op Saterdag 17 Julie 1976.

Cillié:
Dit is byna 'n maand later.

Swanepoel:
Dit was byna 'n maand wat daar redelik stilte was…

… Woensdag, 21 Julie 1976: Om 06h40 was twee Wit vrouens gevind by die bushalte langs die Putco busdepot waar hulle in die donker besig was om pamflette aan die Bantoes uit te deel wat op busse gewag het. Hulle is: (1) Maria Barbara Ledochowski van Riversideweg 130, Athol; en (2) Zuzanna Gordon van Sandton Manor No. 33, Stellastraat, Sandown. Die pamflette is uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings, de Kortestraat 68, Braamfontein, Johannesburg. Die pamflette het 'n beroep op huisbediendes gedoen om eise in verband met salarisse, huisvesting, voedsel, woonkwartiere, ensovoorts, aan hulle werkgewers te doen. Hierdie bepaalde plek waar bogenoemde dames aangetref is, is net buite die verklaarde Bantoegebied van Alexandra. Die dames het waarskynlik reeds 'n groot aantal pamflette versprei voordat hulle deur die S.A. Polisie betrap is. Spanning het op hierdie stadium hoog geloop onder die Bantoes van Alexandra. Daar is beslag gelê op 130 pamflette en 'n saak van aanhitsing tot openbare geweld word deur die Veiligheidstak, Johannesburg teen genoemde twee dames ondersoek.

Cillié:
Weet u of daar afskrifte van die pamflette beskikbaar is?

Swanepoel:
Ja, daar is beskikbaar by die Veiligheidstak daarvan.

Cillié:
Sal die aangeleentheid ondersoek word?

Swanepoel:
Ek sal so maak.

Cillié:
En ook of daar—wat gebeur het in verband met 'n moontlike strafsaak in daardie verband.

Swanepoel:
Donderdag, 22 Julie 1976: Op 21 Julie 1976 het Sy Edele die Minister opdrag gegee dat die Bantoe skole heropen moet word. Op 22 Julie 1976 om 08h30 is gevind dat by die Alexandra Hoërskool slegs 20 leerlinge en 7 leerkragte opgedaag het en by die Pholosho-skool slegs 25 leerlinge en 9 leerkragte opgedaag het…

… Woensdag, 4 Augustus 1976: Reeds 'n geruime tyd voor hierdie datum het die spanning opmerklik begin oplaai in Alexandra. Op hierdie stadium was daar geen tekens meer van 'n veldtog teen die gebruik van Afrikaans as onderrig-medium in die skole nie. Daar was ook geen klagtes van swak diens gelewer deur Putco nie, inteendeel het hierdie maatskappy nieteenstaande ernstige verliese wat hulle gely het as gevolg van die groot aantal busse wat deur oproermakers uitgebrand is tussen 16 Junie 1976 en hierdie datum, nog steeds puik vervoerdienste aan die Bantoe inwoners van Alexandra verskaf. Alhoewel skoolkinders veral die van die Alexandra Hoërskool, aan die oproer deelgeneem het, is opgemerk dat die leegloper elemente ook meer aktief aan die veldtog begin deelneem het. Dit was toe ook reeds duidelik uit vorige gebeure dat die hele komplot 'n weldeurdagte en goed georganiseerde kampanje is. Die Black Power teken, dit wil sê gebalde regtervuis wat in die lug opgesteek word en die kreet Black Power het meer opmerksaam geword. Die patroon en koordinasie van doelwitte en tye op verkillende plekke het dit duidelik bewys dat die hele veldtog oor die hele Rand vanaf een sentrale punt moes beheer gewees het. Die patroon het ook reeds gedui op 'n basiese vorm van stedelike guerilla oorlogvoering. Dit was duidelik dat dit 'n georganiseerde opstand teen die wettige gesag van die Staat was en dat die sogenaamde taalkwessie slegs gedien het as 'n dekking waaronder die opstand georganiseer is en verder dat die taalkwessie slegs die lont was wat die bom moes laat ontplof. Dit is hierdie kantoor se mening dat internasionale kommunisme agter die hele opstand sit. Ter stawing word aangeheg twee verklarings deur kolonel T. J. Swanepoel van hierdie kantoor. Sien bylaag A en B… A is meer 'n uitbreiding. Dit is nog dieselfde datum, 4 Augustus 1976: Tussen 07h00 en 09h00 het groepe Bantoes sporadies begin klippe gooi na Putco busse. Bantoes wat gepoog het om te gaan werk is ernstig intimideer. Die S.A. Polisie is ook herhaaldelik met klippe aangeval. Die groepe opstandelinge is herhaaldelik met traanrook uitmekaar gedryf. Alhoewel groot hoeveelheide traanrook van tyd tot tyd gebruik is, is gevind dat dit selde die gewensde uitwerking op die opstandelinge gehad het. Dit het later in 'n speletjie ontaard.

Jacobs:
Kan u miskien net beskryf wat u bedoel met die speletjie, watter vorm dit aangeneem het?

Swanepoel:
Die opstandelinge het daarna eintlik uitgenooi dat ons hulle onder die traanrook moet steek. Hulle gooi moedswillig klippe, want hulle weet die teen-reaksie sal wees om traanrook op hulle af te vuur. Hulle was daarna so konfyt in die sak gewees dat as hy val, dan beweeg hy of na links, of na regs, of terug. So hy het eintlik geen probleem gehad om die traanrook te ontwyk nie. Ek het gevind dat die persoon wat werklik daaronder lei is die onskuldige inwoner en die werker wat op pad werk toe is of van die werk af kom, wat eintlik die slagoffer van die traanrook uiteindelik word…

… Om 21h00 is 'n Taakmag van die S.A.P. deur ongeveer 200 tot 300 Bantoe mans aangeval op die hoek van 16de Laan en Londonstraat, Alexandra. Hulle het onder hewige klippereën deurgeloop.

Jacobs:
Was u daar self teenwoordig gewees?

Swanepoel:
Ja, vir die meeste van hierdie gevalle was ek persoonlik teenwoordig.

Jacobs:
Nou die 200 of 300 Bantoe mans waarna u verwys, was dit volwasse Bantoe mans gewees of was dit skoliere? Hoe sou u hulle beskryf?

Swanepoel:
Daar was baie min kinders in die term wat ek sou sê onder 12 jaar, want vir die doel van onluste is dit uiters moeilik om te sê dit is 'n kind, dit is 'n volwasse, want 'n kind van 13 en 14 jaar kan net so 'n koelbloedige moord pleeg as 'n mens van 34 jaar. Dit is altyd moeilik om daar te differensieer wanneer is so 'n mens 'n kind en wanneer is hy nie 'n kind nie.

Jacobs:
Maar die verskillende groepe wat daar aangetref is in die strate, sou u dit beskryf as skoliere of sou u sê dit was maar die algemene publiek?

Swanepoel:
Ek sou sê dat die bevelvoerders van die taakmagte was sonder uitsondering volwassenes gewees.

Jacobs:
As u nou sê die bevelvoerders van die taakmagte, bedoel u nou die oproeriges?

Swanepoel:
Die oproeriges, want hulle het ook maar in taakmagte soos ons opgedeel en hoe meer jy druk op hulle toepas, hoe kleiner maak hulle die taakmagte en op hoe meer plekke slaan hulle toe. Gevolglik hulle forseer jou ook om jou magte al hoe dunner te emplojeer en al hoe kleiner jou groepies te maak, wat weer 'n gevaar inhou in die opsig dat hulle probeer om jou manne in hinderlae in te lok, in murasies. Alexandra is besig om afgebreek te word en ek het al meer en meer gevind dat hulle probeer om veral die jonger lede van die Mag wat nog nie so ervare is nie, te probeer afsny in daardie murasies, van die res van die taakmag af. En net die feit dat die manne opgelei is, het voorkom dat ons van die manne verloor daar.

[ … ]

Na ongeveer 'n halfuur en nadat 'n groot hoeveelheid traanrook-granate en patrone asook 12 x 300 meter ligfakkels afgevuur is ten einde die toneel wat in donker gehul was te verlig, het die opstandelinge gevlug. Gedurende die insidente genoem … is die Swart Mag teken en kreet aanhoudend deur die skare gegee en geskree. Dit is ook opgemerk dat die opstandelinge meer volwasse geword het en bestaan het uit manlike Bantoes van ongeveer 14 tot 35 jaar met hier en daar 'n Bantoe vrou tussen hulle. Daar is verder opgemerk dat die groepe opstandelinge onder definitiewe leierskap en aanhitsing van tussen 2 en 8 leiers opgetree het. Die hoofleier wat gewoonlik 'n volwasse Bantoe was, of nie jonger dan 16 tot 18, was gewoonlik in die middel en voor die opstandelinge met sy luitenante aan sy linkerkant en regterkant…

… [6 Augustus 1976]: Om 12h55 het 'n taakmag van die S.A.P. ongeveer 200 Bantoe skoolkinders wie sie ouderdomme gewissel het van 10 jaar tot 20 jaar, asook 'n paar volwasse Bantoe mans aangetref in 3de Laan, Alexandra, waar hulle in 'n groep saamgetrek was. Hulle het die polisie onder die klippe gesteek en die Swart Mag teken en kreet gegee. 'n Aantal traanrookpatrone en traanrookgranate is afgevuur en die skare het op die vlug geslaan. Om 13h00 is ongeveer 300 Bantoe skoolkinders, asook 'n paar volwasse Bantoe mans aangetref op die hoek van 12de Laan en Selbournestraat, Alexandra. Sommige het plakkate gedra. Sommige van die slagspreuke wat daarop voorgekom het was:< "John Vorster will shit hot bread today." "Please don't shoot us, we don't want to fight." Hulle het almal die ou oorwinningsteken gegee deur twee vingers in 'n "V" vorm op te steek. Dit was die eerste en laaste keer dat hierdie besondere teken in Alexandra opgemerk is. Van die skare het geskree dat Minister Jimmy Kruger hulle in die Alexandra voetbalstadion moet kom toespreek. Hulle het aangedring dat hulle makkers wat aangehou word, vrygelaat moet word. Sommige van die opstandelinge het die polisie later met klippe gesteek. 'n Aantal traanrookpatrone en traanrookgranate is op die opstandelinge gevuur waarop hulle gevlug het en hulle plakkate met hulle saamgeneem het…

… Vrydag, 6 Augustus 1976: Intimidasie van Nie-Blanke lede van die Mag: Op hierdie stadium is opgemerk dat Nie-Blanke lede van die Mag en/of hulle gesinne geïntimideer word, dreigement geuiter word dat hulle huise afgebrand sou word. Gevalle het voorgekom soos sal blyk uit die verslag, waar persoonlike aanvalle op Nie-Blanke lede van die Mag gedoen is by skole en ander kwesbare punte wat deur hulle bewaak is. Soos sal blyk is sommige van die aanvallers gedood en/of gewond. Gedurende hierdie tyd is inligting van verskillende bronne ontvang dat ernstige probleme op 9 Augustus 1976 in Alexandra sal ontstaan. Inligting is ontvang dat Nie-Blanke lede vand ie Mag se huise afgebrand sou word en dat sommige wie selfs by name genoem is, vermoor sou word. Putco busse aangeval sou word, skoolkinders sou na John Vorster-plein marsjeer om die vrylating van sekere aangehoudenes te eis en werkers sou verhoed word om te gaan werk op 9, 10 en 11 Augustus 1976…

Jacobs:
Bantoe polisie amptenare wat genoem word in die volgende getuienis, die mag nie vermeld word nie [Jacobs reminds Swanepoel that Black police officers who were threatened or named for retribution by participants in the uprising, may not be named as they were all stationed in Alexandra and their lives might have been threatened].

Swanepoel:
Dankie, Edele.

Jacobs:
U sê hulle moes die genoemde skool bewaak teen brandstigters?

Swanepoel:
Teen brandstigters.

Jacobs:
Ja?

Swanepoel:
Op wag by die "Skeen Combined School" te 3de Laan 15, Alexandra. Hulle moes genoemde skool bewaak teen brandstigters. Hulle was genader deur twee onbekende Bantoe mans en een onbekende Bantoe vrou. Een van die Bantoe mans was gewapen my 'n byl en het gese: "Julle het kak Black Power vuurwapens." Die Bantoe man het die byl opgelig en dreigend nader gekom in die rigting van die Bantoe konstabels. Hy was verskeie kere gewaarsku om stil te staan, dog het hy nie daarop ag geslaan nie. Bantoe konstabel Mukhombo het twee skote met 'n haelgeweer op hom gevuur. Die Bantoe man het gestruikel en weggehardloop. Hy is agtervolg deur Bantoe konstabel Mukhombo en Sibiya. Laasgenoemde het tydens die agtervolging twee skote met sy .38 diensrewolwer na die voortvlugtende gevuur. Dit word vermoed dat die Bantoe man gewond is, maar hy het egter gevlug en kon tot dusver nie opgespoor word nie. Die ander Bantoe man en Bantoe vrou het ook op die vlug geslaan…

[Saterdag, 7 Augustus 1976]: … Om 22h55 was No. 160687K Bantoe konstabel N. G. Delwa en No. 159917P Bantoe konstabel L. B. Mokgope op wagdiens by die Skeen Combined Skool … om te waak teen brandstigting. Een onbekende Bantoe man het eersgenoemde Bantoe konstabel genader en as volg gesê: "Why don't you join the Black Power?" Die betrokke Bantoe man was ongeveer 10 tree vanaf eersgenoemde Bantoe konstabel, wie hom gewaarsku het om nie nader te kom nie, maar hy het nie gehoor gegee nie. Bantoe konstabel Delwa het een skoot met sy .38 diensrewolwer in die rigting van die Bantoe man afgevuur, maar het hom vermoedelik gemis. Die Bantoe man het op die vlug geslaan. Om 23h20 het ongeveer 20 Bantoe mans dieselfde skool genader en vir Bantoe konstabel Mokgope aangeval en teen die grond gegooi. Hy het om hulp geskree en Bantoe konstabel Delwa wat op daardie stadium op 'n ander deel van die skoolgronde was, het nader gestorm en drie skote me sy .38 diensrewolwer op die ander Bantoe konstabel se aanvallers gevuur. 'n Onbekende Bantoe man, ongeveer 28 jaar oud is gedood toe die koeël hom in die bors getref het… Hierdie twee aanvallers was gewapen, die een met 'n klip en die ander met 'n lang dolk…

Cillié:
U het nou net gekom by Sondag, 8 Augustus.

Swanepoel:
Ja… Op hierdie datum het inligting die taakmag in Alexandra bereik van beoogde aanvalle op die huise vaan Bantoe lede van die Mag, ook berigte om intimidasie van die Bantoe werknemers deur die sogenaamde "Black Power Movement" om hulle te dwing om Maandag, 9de, Dinsdag, 10de en Woensdag, 11 Augustus 76 nie te gaan werk nie. Herhaalde pogings is aangewend om die verantwoordelikes te betrap, dog sonder sukses. Slagspreuke soos "Free Mandela, Mother Mandela we love you, Mandele [sic]—Mother—Father" en "Vorster se gat" is op verskeie mure in Alexandra aangebring. Hinderlae is op die betrokke nag by die huise van die betrokke Bantoe lede van die Mag en skole opgestel, dog sonder enige sukses. Maandag, 9 Augustus 1976: Om 06h30 het groepe Bantoes begin om Putco busse en privaat voertuie onder klippe te steek… . [inquiry about warnings of escalation] … Dit was heelwat hewiger as voorheen… Die aanvalle het op dieselfde tyd dwarsoor Alexandra ontstaan. Putco se busse is onmiddellik onttrek uit die lokasie, padblokkades is opgestel ten einde afleweringsvoertuie te waarsku om nie die gebied binne te gaan nie. Daar was ernstige intimidasie van die werkers en die opstandelinge het alles in hulle vermoë gedoen om die werkers te verhinder om na hulle werk te gaan. Die onlusmakers het versperrings dwarsdeur die lokasie opgerig om verkeer tot stilstand te bring, en ook om sodoende die S.A. Polisie te verhinder om vinnig te beweeg en werkers te verhinder om Alexandra te verlaat. Oor die algemeen is gevind dat die oproermakers se ouderdomme wissel van ongeveer 14 to 40 jaar. Die taakmag is in klein vegeenhede opgedeel en het sover moontlik werkers wat op pad werk toe was beskerm. Na beraming het ongeveer 60 tot 80% van die werkers wel gaan werk. Die houding van die werkers teenoor die S.A.P. was en is nog steeds baie goed. Daar is ook onmiddellik 'n begin gemaak om die werkers te organiseer om in groepe na en van Alexandra te beweeg. Hulle is aangeraai om hulleself met kieries te bewapen en self met die intimideerders af te reken. Hierdie veldtog het onmiddellik inslag gevind en goeie resultate gelewer en lewer dit nog steeds. Op die betrokke dag het geen skoliere skool toe gegaan nie. Daar is ook opgemerk dat die oproermakers meestal bestaan het uit skoliere, tsotsis en ander leeglêer elemente. Dit het mettertyd geblyk dat die leierkorps uit leeglêers bestaan het…

… is No. 64289H konstabel J. Joubert deur 'n klip op sy linkerboud getref. Die besering was nie van 'n ernstige aard nie en hy was nie afsiek nie [p. 674] …

… Op die hoek van Selbournestraat en 7de Laan, Alexandra, was 'n besonder swaar versperring beman deur ongeveer 300 opstandelinge. Hulle het nie padgegee nie en het uiters militant voorgekom. Die polisie voertuig het ongeveer 20 treë van die versperring stilgehou terwyl die opstandelinge vanaf 8ste Laan en Selbournestraat ook nader beweeg het. Die leier van die opstandelinge op die hoek van 7de Laan en Selbournestraat het die nou reeds bekende omsingelingsbeweging, dit wil sê beide arms na vore gestrek en na vore gebuig, uitgevoer. Sy luitenante op die flanke het onmiddellik na vore beweeg, klippe het op die polisie voertuig SAP 35040 gereën en 'n hele paar duike is veroorsaak aan beide kante van die motor. Tydens die voorval is die regterkantste kantspieël van die voertuig met 'n klip getref en het dit gebreek. Kolonel Swanepoel het uit die polisie voertuig geklim, aangesien dit duidelik was dat hulle hulself in 'n dodelike en goed beplande hinderlaag bevind het. Kolonel Swanepoel het die hoofleier met 'n R1 platgeskiet, daarna die leier op die regterflank en toe die leier op die linkerflank gewond. Beide groepe … [tussenbei]

Cillié:
Wat het van daardie drie persone—een is gewond; is die ander twee dood?

Swanepoel:
Daar is meer mense getref deur die koeëls. Daar is sewe altesame getref.

Cillié:
Ek bedoel op hierdie geleentheid.

Swanepoel:
Hulle is weggedra.

Cillié:
O, is hulle weggedra?

Swanepoel:
Weggedra. Die hoofleier was omtrent 100 treë verder, hulle het noordwaarts teruggeval en omtrent 100 treë daarvandaan is die hoofleier—het hulle hom gelos, sy ingewande het toe op die grond begin sleep en hulle het hom daar gelos… Beide groepe aanvallers het toe teruggeval en die leiers se lyke asook die gewondes saamgeneem. Die groep op die hoek van 7de Laan en Selbournestraat het die liggaam van hulle leier na ongeveer 100 treë agtergelaat. Hy is Bantoe man Lawrence Serobe, 24 jaar oud, werkloos en woonagtig te 6de Laan 68, Alexandra. Die lyk van 'n tweede Bantoe man Petrus Shangaze, 18 jaar oud, werkloos en ook nie 'n skolier nie, woonagtig te 14de Laan 87, Alexandra, is gelaat by die huis van sy moeder te 12de Laan 60. Alexandra, deur sy mede-opstandelinge… .

… Om 10h30 was No. 61605E konstabel B.J. Bester op die hoek van 9de Laan en Selbournestraat, Alexandra met 'n klip teen die rug gegooi. Hierdie besering was nie van 'n ernstige aard nie en derhalwe was die lid nie afsiek nie. [p. 676]

… Op 9 Augustus 1976 is altesaam 32 arrestasies deur die S.A.P. gemaak. Die ouderdomme van die beskuldigdes het gewissel van 13 to 35 jaar. Die aanklagte was onder meer besit van ongelisensieerde vuurwapens openbare geweldpleging, aanhitsing tot openbare geweldpleging, aanranding op polisie en kwaadwillige beskadiging van eiendom…

… Orals was maar plakkate te sien.

Cillié:
Was daar plakkate wat spesifiek oor die oorspronklike moeilikheid gegaan het, naamlik die Afrikaans as voertaal?

Swanepoel:
Behalwe vir die eerste paar dae, die twee dae wat ek daar was en toe vier of vyf dae wat ek gemis het, het ek dit nooit weer gesien nie.

Cillié:
U het nie weer iets spesifieks daaromtrent gesien nie?

Swanepoel:
Nooit weer enig—of slagspreuke op mure of plakkate, ek het dit nooit weer gesien nie… [padversperrings] … Op die hoek van 20ste Laan en Rooseveldstraat, Alexandra was byvoorbeeld een waarop die slagspreuk "Vorster se gat, een plus een is twee, Free Mandela" [on the photograph, Vorster's name is spelled Voster, and it's 1+1=1; this, already described above, is a roughly and simply painted slogan on a piece of bent and buckled metal sheeting as from the side of a bus] en met swastikas bo en onder geverf. Slagspreuke op die ou bekende kommunistiese patroon waarin geëis word dat die polisie uit 'n bepaalde onluste-gebied onttrek moet word, sodra hulle die skroef van die oproermakers begin aandraai, het oral in Alexandra begin verskyn. [p.678] Sommige slagspreuke was op die teerblad van sommige strate geverf en ander op plakkate wat teen pale en geboue vasgemaak is. Hierdie taktiek word telkens in nie-kommunistiese lande gebruik. Die eis is dan ook gewoonlik onttrek die polisie en laat die mag in die hande van die massa. Die verskillende taakmagte moes op die betrokke oggend verskeie Bantoe lede van die Mag help om van hulle huise tot buite Alexandra te kom om sodoende te kon gaan werk. In al die gevalle het oproermakers voor die Bantoe lede se huise verby geloop en geskree: "Kom net uit jou huis om te gaan werk, dan maak ons jou dood." …

… Hulle sou na bewering die Black Power teken en kreet gegee het. [p.679] …

… die bril van No. 36877R sersant G. J. Trytsman is deur 'n klip getref en gebreek. Hyself het geen beserings opgedoen nie. [p.679] …

… Die Swart Mag teken en kreet was ook in hierdie geval geuiter. [p. 680] …

… Om 13h00 het kolonel T. J. Swanepoel wie die bevelvoerder van die taakmagte is te Alexandra ter onderdrukking van die onluste sedert 23/6/1976, aan al sy taakmagleiers opdrag gegee om die oproermakers met No. 9 fyn hael, ook bekend as donshael te skiet. Die rede vir hierdie opdrag was dat traanrook slegs 'n baie beperkte uitwerking op die oproermakers in die buitelug gehad het en dat die onskuldige werkers asook lede van die publiek baie meer daronder gely het as die oproermakers self. Die oproermakers het later so gewoon geraak om die traanrook te ontwyk, dat hulle slegs na link of regs of voor die traanrook uit beweeg het. Om aan te toon hoe doelgerig die poging was wat aangewend was om die gebruik van traanrook te laat slaag, was daar reeds op hierdie tydstip 979 traanrookgranate en traanrookpatrone afgevuur op die oproermakers. Dosyne knuppel stormlope was toe reeds uitgevoer, sonder dat dit enige skynbare blywende uitwerking op die oproermakers gehad het. 'n Hele aantal knuppels was toe alreeds stukkend geslaan op die oproermakers.

[AUTHOR'S TRANSLATION: The reason for this order was that teargas only had a very limited effect on the rioters in the open air and that innocent workers as well as members of the public suffered much more under it than the rioters themselves. The rioters later got so used to dodging the teargas, that they simply moved to the left or to the right or out of reach of the teargas. To show how purposeful the attempt was to make the use of teargas effective, by this time already 979 teargas grenades and teargas shells had been shot at the rioters. Dozens of baton assaults had already been made, without that having any apparent lasting effect on the rioters. A whole number of batons had by then already been broken on the heads of rioters.]

Dit was toe verder gevind dat die oproermakers tydens knuppel stormlope tussen die murasies alles in hulle vermoë gedoen het om individuele lede van die taakmag af te sny en slegs die feit dat sulke lede van die Mag met R1 gewere gewapen was, het waarskynlik verhoed dat sulke lede of gedood of ernstig beseer word. Wat ek graag hier wil byvoeg is dat 'n ou kommando metode wat ons oor baie jare beproef het en ons noem dit sommer in die praktyk die "buddy" stelsel. Jy opereer twee-twee, maar nog as 'n groep. Met ander woorde, as jou maat gewond word, bly jy by hom en help hom uit. Die stelsel word toegepas en baie van die sukses om te voorkom dat van die seuns afgesny en gedood word, skryf ek aandie toepassing van die "buddy" stelsel toe, omdat jy is nooit alleen nie, daar is altyd iemand wat jou rug oppas en jy pas sy rug op. Die oproermakers het al hoe meer aanvallend begin optree en dit was duidelik dat die situasie vinnig besig was om hand uit te ruk. Daar moes dus onverwyld 'n beslissing gemaak word tussen die gebruik van R1 gewere wat die dodetol die hoogte in sou laat skiet of ook talle ernstige verminkings sou teweegbring of die gebruik van 'n wapen wat 'n goeie sielkundige uitwerking en ongemak teweeg sou bring, sonder lewensverlies. Al die voordele en nadele in aanmerking geneem het kolonel Swanepoel besluit op die gebruik van fynhael.

Jacobs:
Dit is u wat die besluit geneem het. Korrek?

Swanepoel:
Ek het die besluit geneem om donshael te laat gebruik…

… Die taakmag is onder die klippe gesteek en luitenant Van Rensburg was deur 'n klip op die regter wysvinger getref. Die vinger is gekneus maar die lid het nie afsiek gegaan nie. Luitenant van Rensburg het drie skote met die haelgeweer op die skare gevuur en die aanvallers het op die vlug geslaan. Geen gewondes was op die toneel gevind nie…

… Om 19h00 het luitenant-kolonel Oosthuizen rapporteer dat sy taakmag op ongeveer 80 oproermakers afgekom het op die hoek van 11de Laan en Selbournestraat, Alexandra, wat besig was om terugkerende werkers voor te keer en hulle bewysboeke van hulle af te neem en te verbrand [p.682] en hulle voorts te intimideer. Die oproermakers het ook 'n versperring in Selbournestraat opgerig. Die S.A Polisie is deur die oproermakers onder die klippe gesteek. Luitenant-kolonel Oosthuizen het 4 skote met haelgewere op die oproermakers gevuur en 5 maal 300 ligfakkels is afgevuur om die tonneel te verlig. Die oproermakers het op die vlug geslaan. Geen gewondes is op die tonneel gevind nie… Op die tonneel is ongeveer 40 halfverbrande bewysboeke gevind wat vermoedelik deur die oproermakers van die werkers geroof was en aan die brand gesteek is. Daar is beslag gelê op die halfverbrande bewysboeke…

… 5 skote met haelgewere op die aanvallers gevuur… Die aanvallers het op die vlug geslaan en voorts is geen gewondes op die toneel aangetref nie en is niemand gearresteer nie…

… Die oproermakers het op die vlug geslaan en luitenant Swart het 5 skote met 'n haelgeweer op hulle gevuur… Geen gewondes is op die tonneel gevind nie en geen arrestasies is gemaak nie. [p.683] … [To prove how effective his decision was to employ shot guns, Swanepoel gave many more examples of the use of "haelgewere" (shot guns) and described that no-one wounded was found at any of the scenes; it may have been that those who were wounded by shot, were taken care of by families rather than seeking out professional medical help]

… Op 10 Augustus 1976 is die volgende arrestasies gemaak (hulle het nie wonde aan hulle gehad nie) 12 Bantoe mans vir openbare geweldpleging wie se ouderdomme wissel van 15 tot 26 jaar en een Bantoe man vir aanhitsing tot openbare geweld. Woensdag, 11 Augustus 1976: … afgekom op ongeveer 8 Bantoe mans wat besig was om 'n versperring … aan te bring. Die Bantoes het die Swart Mag teken en kreet gegee en die leier het met klippe na die polisie voertuig begin gooi. Luitenant Greyffenberg het een skoot met 'n haelgeweer op die leier geskiet en hy het geval. Dit was gevind dat hy in die regter bobeen gewond is. Hy is in hegtenis geneem op 'n aanklag van openbare geweld en is hierna vir behandeling na 'n hospitaal geneem…

… [20 to 30 Africans try to get into a school with petrol (gas) cans to presumably set it alight] … Kort nadat die voertuig tot stilstand gekom het, het die Bantoe mans die Black Power saluut en kreet gegee, waarna klippe na die polisie voertuig gegooi is. Beide luitenant van Rensburg en … konstabel S.P. van Heerden het elk 5 skote met haelgewere gevuur op die skare. Daar is ook 3 x 300 meter ligfakkels afgevuur ten einde die toneel te verlig. Sommige van die Bantoe mans het gestruikel, maar is onmiddellik deur die ander gehelp om die toneel te verlaat. Daar is geen gewondes op die toneel aangetref nie en daar is geen arrestasies gemaak nie. Met luitenant van Rensburg se aankoms by die Alexandra Aanklagtekantoor, het hy 5 Bantoe mans aagetref wat vermoedelik met 'n haelgeweer geskiet is. Dit word vermoed dat die 5 Bantoe mans ten tye van die voorval by die Entokozweni-skool gewond is. 'n Ruk later het nog 'n gewonde Bantoe man by dieselfde polisiestasie aangedoen. Hy het 'n skietwond aan sy linkersy opgedoen. Dit word vermoed dat hy gewond is toe Bantoe konstabel Mabele gevuur het op die groep Bantoe mans. Die beseerdes is in hegtenis geneem op 'n aanklag van openbare geweld en is hierna vir behandeling na 'n hospitaal geneem. Ek wil net 'n oomblik hierso stilstaan. Met die donshael, as jy op 'n distansie van 10 tree op 'n persoon skiet, sal jy hom ernstig verwond. Op 20 tee en daarvandaan op sal die verspreiding van die fyn hael oor so 'n oppervlakte wees dat die penetrasie omtrent 'n kwart duim is en hy veroorsaak eintlik meer ongerief as wat hy gevaar vir die persoon inhou… … Dinsdag, 24 Augustus 1976: Kommentaar: Sedert die drie skiet voorvalle op 11 Augustus 1976 in die voorafgaande paragraaf vermeld, is gevind dat die oproermakers se organisasie in Alexandra waarskynlik heeltemal in duie gestort het. Alhoewel daar nog af en toe inligting ontvang is van pogings om werkers te intimideer, het geen oproer daaruit voortgespruit nie. Die werkerselement en ander wetsgehoorsame inwoners van Alexandra het nou sterk na vore getree en die oproermakers word op die oog af deeglik aan bande gelê deur die inwoners self. 'n Ander opvallende kenmerk is dat die leeglêer en tsotsi elemente en waarskynlik ook die leierskorps van die oproermakers se getalle opmerklik in Alexandra verminder het. Dit wil voorkom of die ouers nou weer volle beheer oor hulle kinders het en nie toelaat dat hulle kinders vir hulle voorskryf wat om te doen nie. 'n Voorbeeld wat hierdie mening onderskryf, is gevind op 23 en 24 Augustus 1976 waar daar ooglopend pogings aangewend was om werkers so te intimideer dat hulle op genoemde twee datums nie moes gaan werk nie. Dit was op die oggende van 23 en 24 Augustus 1976 gevind dat die werkers van Alexandra op volle sterkte gaan werk het. Putco busse het ongehinderd en normaal geloop in Alexandra. 'n Ander opvallende kenmerk was dat kinders en die leeglêer element glad nie toegelaat was om op straat te verskyn voor ongeveer 07h30, toe van die kinders opgemerk is wat op pad skool toe was.

[Author's translation: The worker component and other law-abiding residents of Alexandra now stepped forward strongly and on the face of it the rioters were thoroughly kept in check by the residents themselves. Another remarkable characteristic was that the numbers of delinquents and the tsotsi element and probably also the leadership group of the rioters noticeably declined in Alexandra. It seems as if the parents now again had full control over their children and did not allow them to prescribe to them what to do. An example that underwrites this opinion was found on the 23rd and 24th August 1976 when obvious attempts were made to intimidate workers so that they would not go to work on those two date. It was found on the morning of the 23rd and 24th August 1976 that the workers of Alexandra were going to work in full force. Putco busses were running unhindered and normally in Alexandra. Another noticeable characteristic was that children and the delinquent element were not permitted to appear on the road at all before about 7:30 A.M., at which time some children were noticed who were on the way to school.]

Behalwe vir die twee gevalle op 11 Augustus 1976 waar die polisie op kort afstande … met fyn hael op oproermakers gevuur het en dat hulle sodanige beserings opgedoen het dat hulle in hegtenis geneem kon word, is op 10 en 11 Augustus 1976 altesaam 102 skoe fyn hael op die oproermakers en in besondere die leierkorps gevuur. Tot dusver is nog geen inligting ontvang van enige gewondes wat by hospitale of klinieke aangemeld het vir behandeling nie. Tot dusver is van baie min kritiek verneem aangaande die metodes wat deur die S.A. Polisie gevolg is om die onluste finaal te onderdruk, inteendeel is die indruk gevorm dat die optrede van die S.A.P. in die algemeen die goedkeuring van die wetsgehoorsames en ouers wegdra. Alhoewel die inwoners van Alexandra huiwerig is om die aangleentheid openlik te bespreek, het 'n paar van die ouer Bantoes hulle in soveel woorde uitgelaat: "Hulle het die pak gekry waarna hulle gesoek het; hulle lywe is baie seer en hulle slaap." Die verhouding tussen die inwoners van Alexandra en die S.A. Polisie is nou weer op 'n baie goie voet. Glimlaggende gesigte en 'n vriendelike wuif teenoor die S.A.Polisie is nou weer algemeen. Dit is so dat die Bantoe tradisioneel graag aan die kant van die wenner bly en die indruk wat gevorm word is dat die S.A. Polisie die oproermakers nou finaal op hulle baadjie gespeel het en dat die lojaliteit en ondersteuning oorgeswaai het ten gunste van die staat. Dit is so dat skoolkinders op 'n uitgebreide skaal deelgeneem het aan die onluste. Hierdie kantoor volstaan egter by sy menig dat die Bantoe jeug van Suid-Afrika gebruik is as 'n dekking en Afrikaans as 'n hefboom ten einde 'n goed beplande kommunistiese aanslag teen die gesag van die Staat van stapel te stuur en dat die Bantoe skoliere slegs gebruik is as die lont om die bom te laat ontplof: dat die sogenaamde ‘Black Power Movement' of enige ander naam waarvandaar tans talle is niks anders is as front organisasies deur middel waarvan internasionale kommunisme die aanslag teen die Staat van stapel gestuur het en nogsteeds met die komplot besig is. Daar is ongetwyfeld op groot skaal gebruik gemaak, veral in die latere fase van die leeglêer en tsotsi elemente om verwoesting te saai. Ek wil net aan die memorandum net dit voeg, ons het gister [27 September 1976] gevalle gehad waar 7 Putco busse se vensters uitgegooi was, maar dit was 'n geïsoleerde groepie skoolkinders van een besondere skool en ek dink nie ons moet dit as 'n algemene opstand of onluste beskryf nie, dit was geïsoleerd gewees…

[In response to the Judge Cillié's query, it was determined that there were no witnesses who were residents of Alexandra who were prepared to come forward to testify before the Commission. No residents of Alexandra had submitted "verklarings" (statements) or had asked to come forward.]

Source: Theunis Jacobus Swanepoel (colonel, South African Police, Hillbrow), testimony, September 1976, SAB K345, vol. 140, file 2/3, part 3, Commission Testimony vol. 16.