“I Saw a Nightmare…”
Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, June 16, 1976
by Helena Pohlandt-McCormick
<< Go Back

South African National Council on Alcoholism

Letter and Memorandum

E. F. Louw, Director
3 October 1976

Relevant passages have been translated by the author.

Memorandum opgestel deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad insake Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels, vir voorlegging aan die Kommissie… Hoe alkohol en sy gebruik, alkoholmisbruik en alkoholisme as belangrike kort- en langtermyn bydraaende faktore beskou kan word in die veroorsaking en die intensiviering van die onluste en gedagtes en aanbevelings ter bestryding van die vraagstuk.

[Memorandum compiled by the South African National Council on Alcoholism and Dependency on Drugs, for presentation to the [Cillié] Commission… How alcohol and its use, alcohol abuse and alcoholism can be seen as important long and short term contributing factors to the causes and the intensification of the riots, and thoughts and recommendations for combatting the problem.]

^top

Inleiding:

Hierdie Memorandum word nie ingedien as 'n wetenskaplike getuienis-stuk oor die Oproer by Soweto en ander plekke nie maar moet veeleerder gesien word as die beskouing en getuienis van 'n Raad wat langs verskeie kanale oor die laaste jare inligting oor drankgebruike en die drankprobleem onder die swart bevolking van ons land bekom het en in 'n toenemende mate hieroor besorgd geword het—veral waar dit 'n bedreiging geword het vir die fisiese, maatskaplike en sielkundige aanpassing van swart mense. Hierdie veranderende dekadente drinkpatrone dwing 'n mens noodwendig om dit ook te sien in die lig van breë maatskaplike probleme in Soweto, soos, bv. verhoogde aanrandings, aggressie en verset teen die owerheid, en die opkoms van die tsotsi-element a.g.v. gebrek aan ouerlike versorging, dissipline en voorbeeld.

^top

Agtergrond en Probleme:

1. Dit is algemeen bekend dat voor 1962 daar 'n verbod op die gebruik en verkope van sterk drank aan die swart bevolking van Suid-Afrika was. Vanweë die feit dat die smokkelhandel hoogty gevier het met gevolglike groot probleme vir die S.A. Polisie en vanweë die feit dat daar aanvaar is dat die swart bevolking ryp is om alkohol vryelike te kan koop en gebruik, is daar besluit om op 15 Augustus 1962 drankverkope aan die swart bevolking oop te stel.

[Reference to study: J. J. Schmidt and P. A. Botha, "Die Sjebeen in 'n Bantoe Stedelike Gemeenskap (Pretoria)," Verslag S33 (Pretoria: R.G.N, 1974)]

[…]

6. Deur die geskiedenis heen was die swart bevolking nog altyd gebruikers van tradisionele bantoe bier met 'n baie lae werklike etiel-alkohol inhoud +- 2-3 %. Hierdie gebruikspatroon het so radikaal veander sedert 1962 dat vandag slegs nog 10 % van die swart bevolking uitsluitlik bantoebier drink terwyl +- 70 % of meer ander sterk alkoholiese drank plus bantoebier drink. …

7. Dit was nog altyd die gewoonte van die swart bevolking om die tradisionele bier in een sessie te drink omdat die bier nie kan oorstaan sonder dat dit suur word nie. Groot hoeveelhede van hierdie bier met 'n hoë sorghum inhoud, het veel dronkenskap meegebring maar het die persoon nooit ernstig siek gemaak nie of tot alkoholisme gelei nie.

Die liggaam was nie in staat om die groot hoeveelhede spiritus varieteite soos brandewyn [43 % etiel-alkohol], rietspiritus, vodka, whisky ens. wat sonder verdunning en voortdurende in een sitting gedrink is te verwerk nie, en die gifstof etiel-alkohol het begin om onberekenbare skade uit te oefen op die gesondheidsstoestand, die sielkundige—sowel as die maatskaplike en gesinsaanpassing van die swartman.

8. Die swart bevolking het progressief sedert 1962 oorgegaan tot groot misbruik van alkohol…

  • Statistiek van dronkenskapoortredings onder Bantoes in Suid-Afrika is hoog terwyl dit eintlik net 'n klein deeltjie vorm van die werklike dronkenskap wat naweke in Soweto gevind word.

    In die jaar vanaf 1.7.74 tot 30.6.75 was daar 39,590 swart mans en 6,240 swart vroue wat a.g.v. dronkenskap vervolg is. Die veroordelings was 24,330 mans en 3,971 vroue. (Statistiek bekom van die S.A. Polisie)

[…]

10. Omdat die sosiale aanvaarding van die inname van hoë etiel-alkohol varieteite onder die swartes oor so 'n uiters kort tyd (sedert 1962) plaasgevind het te midde van stedelike toestande waar groot spanning en maatskaplike probleme deur swart mense ervaar word, blyk dit nou dat alkohol op groot skaal sy rol as ONTVLUGTINGS-middel en aftakelingsmiddel onder die swart bevolking begin speel. …

  • Dit is 'n tendens onder die bevolking van die wêreld dat alkoholmisbruik onder jeugdiges en vroue sterk aan die toeneem is…

    Een van die groot oorsake hiervoor is die afname aan kontrole van ouers oor hulle kinders—veral terwl albei ouers bedags werk. Ook die swak voorbeeld van beskonke ouers speel hier 'n deurslagewende rol. Probleem ouers is 'n hooffaktor by die skepping van probleemkinders.

  • Die portuurgroep (peer group) oefen sterk druk uit onder jong Bantoe seuns en dogters vanweë die afwesigheid van ouerlike toesig en so word die TSOTSI-BENDE groep gevorm wat alkoholmisbruik as een van sy sterk statusnorms het. Dit wil voorkom asof hierdie Tsotsi-bendes met die afbrand van drankwinkels soveel drank buitgemaak en verober het dat dit hul verantwoordelikheidsgrense (inhibisies) totaal verwyder het, sodat geweld, anargie en chaos verder hoogty gevier het. Hul waaghalsigheidsgrense is hemelhoog opgeskuif sodat grootskaalse brandstigting na verhoogde alkoholkonsumpsie geïntensiveer is en voortgewoeker het.

    Mnr. Tshabalala getuig dat op Donderdag 17 Junie daar groot dronkenskap onder die jeug van Soweto geheers het en dat beskonke Tsotsis hom voorgekeer het. Vrydag oggend, 18 Junie, vroeg (7 uur vm) het hy jong swart seuns dronk in die strate van Soweto teëgekom en hulle was ook baie aggressief.

    Hy het ook bevestig dat nadat alkohol uit die afgebrande bottelstore buitgemaak is dit 'n belangrike rol gespeel het om roekeloosheid en die intensiteit van die onluste aan te vuur. Hy voel dat daar veral 2 redes was dat jeugdiges die bottelstore op groot skaal afgebrand het. [… there were especially two reasons why the youth burned the bottle stores on a grand scale.]

    Dit is 'n reaksie teen die groot verkope van alkohol waardeur hul ouers op so 'n groot skaaal deur alkoholmisbruik geaffekteer word. Hulle het gevoel dat deur bottelstore te vernietig hulle die gemeenskap 'n guns bewys.
    Tweedens was daar 'n ander Tsotsi-seksie wat die gedoen het om drank te bekom om hulle aan te vuur in hulle verset teen blankes.
    [It was a reaction to the large sale of alcohol through which their parents are affected by alcohol misuse on such a large scale. They felt that, by destroying bottle stores, they are doing the community a service. Secondly, there was another Tsotsi-section who did this to get alcohol to inflame them in their revolt against whites.]

    Daar bestaan ook geen twyfel oor die feit dat kinders wat oggend skoolsessies en die wat middag skoolsessies bywoon dikwels onversorgd verkeer, voor en na skool en dan is hulle grootliks blootgestel aan die negatiewe beïnvloeding van bendegroepe.

  • Die gesamentlike inwerking van alkohol + dagga verhoog dikwels die aggressiwiteit van die verbruiker tot 'n baie hoë mate en daar behoort nagevors te word tot watter mate die middele tans onder Soweto jeugdiges saam gebruik word.

  • Alkoholisme en alkoholmisbruik is besig om die leiersgroepe onder die Bantoes ernstig te tref. Professionele groepe soos dokters en onderwysers word veral swaar getref volgens inligting aan my verstrek. "Teachers syndrome" word dikwels as term gebruik wanneer na alkoholisme verwys word …

    Dit is 'n baie ernstige saak want indien beskonkenheid as 'n voorbeeld reeds in die klaskamer gestel word, dan volg dit logies dat die leerling baie sterk negatief beïnvloed sal word. Dit moet onthou word dat alkoholisme 'n ontevrede en aggressiewe persoon kan skep wat vanweë sy swak prestasies en werksvermoëns groot skuldkomplekse of gevoelens opbou. In die toestand word hy dan ook baie vatbaar vir linkse of revolusionêre beïnvloeding. Geen wonder dat Russiese propagandiste die rol van alkohol en verdowingsmiddels in die afbreek van die moraal van volkere so sterk beklemtoon nie.

  • Dit wil voorkom asof alkoholmisbruik en alkoholisme besig is om die hoë morele, vrolike, spontane, eerlike karakter van die Bantoe bevolking stelselmatig af te takel en baie van hul te verander in ontevrede, onbevoegde, oneerlike, haatdraende, werkskuwe persone. [It appears as if alcohol misuse and alcoholism is systematically undermining the high moral, happy, spontaneous and honest character of the Bantu population and is changing many of them into dissatisfied, incapable, dishonest, hateful (resentful), work-shy people.]

    'n Groot deel van die verantwoordelike vroue van bantoe stedelike gebiede is baie ontsteld oor die tendens en dit ly geen twyfel dat hul getuienisse op SANRA se bantoesimposiums hierdie ontsteltenis uitgebeeld het nie.

    Baie van hierdie vroue het onomwonde verklaar dat die gebruik van Bantoesake Administrasierade om welsynswerk uit die verkope van alkohol te finanseer immoreel is. [A large number of the responsible women of urban Bantu areas are very alarmed by this tendency and there is no doubt that their testimony (before this council) clearly represents this alarm. Many women bluntly stated that the practice of the Bantu Affairs Administration Boards' to financy welfare work through the sale of alcohol is immoral.]

    Anders en meer wetenskaplike gestel: Hulle kon nie regverdiging vir die owerhede se optrede vind dat sterk narkotiese middels (alkohol) wat slegs 'n paar jaar gelede vir hul verbode was, se verkope nou so gestimuleer word dat dit vir hulle WELSYN moet sorg nie. Is dit nie miskieen een van die onderliggende meer subtiele redes vir die vernietiging van die blanke bottelstore nie? Dit is my eerlike opinie dat die ware onherstelbare verliese wat hierdie verkope vir die swart bevolking meebring veel groter is as wat die winste (R6 miljoen per jaar vir Soweto) ooit kan hoop om te vermag. [Differently, and more scientifically put: They could not find justification for the authorities' practice of stimulating the sale of strong narcotic substances (alcohol)—illegal for Bantus just a few years ago—to now provide for their WELFARE. Is this not perhaps one of the underlying, more subtle reasons for the destruction of the white bottle stores? It is my honest opinion that the true irreperable damages that these sales bring to the Black population are much greater than the profits (6 million Rand per year for Soweto) can ever have the power to offset.]

  • Die sjebeenstelsel vorm ook 'n groot deel van die proses om hierdie verkope te stimuleer. Geen wonder dat toe die Bantoe Administrasieraad se bottelstore afgebrand is die sjebeenverkope begin floreer het—maar ongelukkig ook die aanrandings en moorde wat volgens polisiegetuienis tans ongekende hoogtepunte bereik het. (Sie[n] Artiekel in Star 26 July 76: "Big Increase in Soweto Murders.")

    Daar het tans 'n hewige reaksie van Bantoejeugdiges teen sjebeens ontstaan. Volgens inligting aan my verstrek op 16 Augustus deur 'n vroulike Bantoe woonagtig in Soweto, het 'n eienares van 'n sjebeen verklaar dat sy op 15 Augustus 1976 'n naamlose brief onder haar deur ontvang het, waarin sy dringend gewaarsku word dat as sy nie ophou om sterk drank te verkoop nie iets met haar sal gebeur. In die Brief word verklaar dat ouers aan niks anders as alkohol dink nie en dat die sjebeens besig is om die status van die swart persoon nadelig te beïnvloed.

Die heropbou van drinklokale en drankwinkels wat in Soweto afgebrand is:

Daar word voorgestel dat hierdie lokale nie weer net so opgebou word nie, maar dat aandag geskenk sal word om verbruiksplekke daar te stel waar alkohol nie die primêre rol sal speel nie maar waar gesonde sosiale omgang die primêre faktor sal wees. Die bevolking durf nie toelaat dat alkohol voortgaan om 'n primêre rol in hulle lewens te speel nie.

Dit is van groot belang dat Bantoes die geleentheid gegee word om aandeelhouers in sulke sentrums te word. Op die wyse sal hulle respek teenoor die eiendom betoon en sal hulle self swak gedrag uit eie geledere sensueer.

^top

Politieke implikasies:

Dit is geen geheim meer dat die kommunisme alkohol en verdowingsmiddels aanwend om bevolkings te demoraliseer om hul doelwitte te bereik.

Dit is egter ironies en tragies dat Suid-Afrika tans direk in hul hande speel deur die huidige alkoholbeleid van die bevordering van onbeperkte massa verkope aan die swart bevolking. Op die wyse word 'n ontevrede werklose swart bevolking vinnig geskep wat gou ryp sal wees vir revolusionêre en terroriste ideologiee.

Daar is ook die verdere moontlikheid dat kommunisties geïnspireerde individue aan die swartman kan voorhou dat die blanke sy ondergang probeer bewerkstellig deur alkohol op groot skaal aan hom af te dwing. Die gebrek aan voorkomende dienste mag hierdie gedagte verstewig.

[Other references: J. J. Schmidt and J. M. Loetter, "Die Drinkpatroon in Soweto, KwaMashu en Witbank met besondere verwysing na die gebruik van Munisipaal gebroude Bantoebier." S.N. 67 (Pretoria: R.G.N., n.d.).]

Source: E. F. Louw (director, South African Council on Alcoholism), 3 October 1976, SAB K345, vol. 127, file 2/2/7, part 1.