“I Saw a Nightmare…”
Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, June 16, 1976
by Helena Pohlandt-McCormick
<< Go Back

Testimony before the Cillié Commission: Statements by Police, Hendrik Jurgens Greyffenberg

Captain, South African Police, Randburg

Witwatersrand Onluste-Eenheid / Diepkloof onder bevel van Luit.-Kol. G. Slabbert [Witwatersrand Riot Unit / Diepkloof under the command of Lieutenant Colonel G. Slabbert]

SAB K34, volume 85, file 2/2/1/12/12, part 4—
South African Police, Memoranda and Evidence Submitted to Cillié Commission: Soweto

All statements by police were made under oath and signed and witnessed by a commissioner of oaths and usually also by someone from the police.

[…]

Op Donderdag 17.6.1976 om 09h00 terwyl ek met my peleton saam met luitenant-kolonel Slabbert die onlus gebied in Orlando patrolleer het, het ons 'n groep jeugdiges gevind wat besig was om die Orlando-Wes groente mark te plunder. Ons het hulle verdryf en het die werksmense weer die mark oorgeneem, dit gesluit en huistoe gegaan.

Ongeveer 'n half-uur later het ons weer daar gekom en weer die jeugdiges daar aangetref, besig om die plek te verniel en plunder. Ek het drie arrestasies uitgevoer en die skares in die gebied met traangas verdryf. Terwyl op toneel het ek 'n oproep ontvang om na 'n ander plek te gaan en 'n blanke vrou te ontset wat reeds sedert die uitbreek van die onluste in 'n Nie-blanke huis wegkruip.

Toe ek ongeveer 10h45 na die groentemark terugkeer vind ek weer 'n groep jeugdiges wat besig is om die plek aan die brand te steek. Ek het die mark omsingel. Die brandstigters het in die geboue kompleks, wat reeds sterk begin brand het op party plekke, ingehardloop. Ons het 14 jeugdiges uit die gebou gehaal. Hulle het van binne-af na ons met enige voorwerpe gegooi.

Ons kon hulle nie almal uitkry nie. Daar was gasbottels in die vertrekke wat begin ontplof het en die brand vererger het. Ek is oortuig dat 'n aantal van die brandstigtersÑten minste seweÑdeur die vuur binne die gebou oorval is en verbrand het want ek het van hulle binne die gebou opgemerk maar ons kon hulle nie bereik nie. Die Brandweer was ook ontbied maar kon nie 'n Brandweerwa bekom nie. Intussen moes 'n skare van etlike honderde oproerige Nie-blankes ook nog beheer word wat rondom die plek saamgedrom het. Die gearresteerdes was na Orlando Polisiestasie geneem waar klagtes teen hulle gelê was.

Op 6.8.1976 om 10h00 terwyl op patrollie in Alexandra het ek op 'n groep skoolkinders te h/v 12de Laan en Selbournestraat afgekom wat besig was om 'n optog te begin. Ek het hulle toegespreek en gewaarsku om uiteen te gaan. Hulle het opgebreek. Om 10h30 het ek weer 'n groep skoolkinders in 3de Laan opgemerk wat met 'n optog begin. Hulle het nie op my waarskuwing gereageer nie en ek het hulle met traanrook en knuppel stormlope uiteengedryf.

Baie van die kinders se ouers het opgedaag en hulle kinders uit die groep gehaal en slae gegee. Ongeveer 15h00 dieselfde dag het ons ook by die Gordon Laerskool te 6de laan waar kinders besig was om versperrings oor die strate te pak ouers aangetref wat self hulle kinders gevang en geslaan het. [my emphasis, AUTHOR TRANSLATION: Many of the children's parents showed up and got their children out of the group and hit them. At about 3 p.m. the same day, we also encountered parents at the Gordon Primary School at 6th Avenue who themselves caught their children and beat them.]

[Signed: H. J. Greyffenberg]
Soweto [undated]

Source: Hendrik Jurgens Greyffenberg (Captain, South African Police, Randburg), statement, SAB K34, volume 85, file 2/2/1/12/12, part 4.