“I Saw a Nightmare…”
Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, June 16, 1976
by Helena Pohlandt-McCormick
<< Go Back

Testimony before the Cillié Commission: Statements by Police, Jan Andries Chalmers

Lieutenant, South African Police, Roodepoort

SAB K345, volume 85, file 2/2/1/12/12, part 3—
South African Police, Memoranda and Evidence Submitted to Cillié Commission: Soweto

All statements by police were made under oath and signed and witnessed by a commissioner of oaths and usually also by someone from the police.

… Om ongeveer 23h30 op 16.6.76 het ons by _ drankwinkel aangekom reg teenoor _ hostel. Ek vermoed dit was die Meadowlands bottelstoor en hostel en winkel kompleks.

Met ons aankoms was die gebou aan die brand. Bantoes was besig om in alle rigtings te hardloop met drank en kruideniersware wat by winkels geplunder was…

Die res van die nag het ons gepatrolleer. Daar was telkens uit die donker klippe na ons gegooi. Talle voertuie en geboue was gevind wat besig was om te brand.

Op 17.6.76 om ongeveer 8h00 het ons by die hof gebou te Meadowlands stilgehou. _ Skare was besig om die bottelstoor te plunder. Die WRA gebou was reeds afgebrand. Die skare wat bestaan het uit volwasse bantoemans, vrouens en jeugdiges het begin oproerig raak. Klippe was na ons geslinger. Ons het stelling ingeneem in die straat en ek het met konstabel du Bruyn se gaspistool _ aantal traanrook patrone op die skare gevuur. Hierdie het geen uitwerking gehad nie. Ek het gesien die plunderaars hardloop deur die rook en nog drank uit die bottelstoor gesteel.

Hierna het ek drie man saam met my geneem na die bottelstoor en van traanrook granate gebruik gemaak om die plunderaars uit mekaar te dryf. Ons was aangeval met klippe en was teruggedryf tot by die voertuie.

Ek is hierna weer met die drie man in en het weereens van traanrook granate gebruik gemaak. Die skare het toe 20 meter vanaf die stoor gee pad. Hierna was ons aangeval met klippe. Die aanval was nou so hewig dat ons in lewensgevaar verkeer het.

Ek het die drie man opdrag gegee om elkeen skoot na die bene van die skare moet vuur. Dit was ook gedoen. Hierdie het geen effek op die skare gehad nie. Na so _ sarsie het die skare teruggeval en dan van nuuts af nader aan ons beweeg en weer _ klip aanval geloots.

Hierdie toneel het homself afgespeel herhaaldelik tot ongeveer 11h30 toe twee helikopters opdaag. Hulle het op die skare afgeduik en hulle verwilder. Aangesien ons in die sirkel was, vermoed ek was die rede dat hulle nie van traanrook gebruik gemaak het nie…

[Signed: J. A. Chalmers]

Source: Jan Andries Chalmers (Lieutenant, South African Police, Roodepoort), statement, SAB K345, vol. 85, file 2/2/1/12/12, part 3.